Na 'n omtrent 6 maande se soek het ons uit eindelik die huis gekry wat ons van hou. Spaar vir 'n deposito, kry 'n huislening en trek uiteindelik 1 April 2004 in ons "nuwe" huis in.
Verkoper en koopers
Die huis is in 1962 gebou. Ons sou seker nie 2 keer na die spoorweg huis (rooi baksteen mure en sink dak) in SA gekyk het nie. Die oorgroter meerderheid huis in NZ is van hout. Nou nie iets wat ons gewoond aan is nie.
van voor en van agter
Ons het natuurlik vir die view gekoop
In die 44 jaar wat die huis staan, is daar nie veel gedoen nie. Ons is besig om kamer vir kamer reg te maak. Hout af te skuur, muurpapier te stip, mure te verf en matte te vervang. Die matte wat ons vervang is is nog die oorspronklike matte wat in 62 in gesit is. Die naam van die eerste eienaar was nog aan die onderkant van die mat.
Voor:
Na:
Almal help. Sommiges meer as ander, maar nou ja






