Ek en Cecilia is Vrydag, 5 September, 1997 in Pretoria getroud. Vir ons "honeymoon" is ons na die Comorre Eilande toe vir 'n week. Terug in SA, en 'n week later is ons Engeland to vir 'n jaar. Die werk droog op en in 99 is ons terug in SA. Ons bou ons droomhuis op 10 hektaar net buite Pretoria. Ons word van die min aardse besittings wat ons op daardie stadium het, verlos. Gatvol. In September 2002 vlieg (vlug?) ons New-Zealand toe met 'n werkspermit in Cecilia se paspoort. Ons het nie toe so daaraan gedink nie, maar mens kan maar se ons het ge-emigreer.

Hel maar ons het oud geword (geneem September 2003)

 'n Paar weke later begin Cecilia vir ASB Bank werk. Ek berei myself voor vir 'n paar maande as huisman terwyl ek Java leer. Was ek verkeerd. My liewe vrou organise vir my werk ook werk by ASB. En so word dit to 'n familie besigheid.

 

die oue

Ons land op in Browns Bay. Huur 'n 2 slaapkamer meenthuis vir +- 2 jaar. Ons allies begin jeuk en ons soek 'n plek van ons eie. Na die een "open home" na die ander, net so duskant opgee kry ons ons huis. Spaar dat die bars vir 'n deposito en 1 April, 2004 (April fools) trek ons in ons nuwe huis.

en die nuwe

 

Ons begin nesskop, bly te lekker. Raak te gemaklik en besluit iets sal gedoen moet word. 10 Februarie, 2005, om 12:32 die middag, 2,9 kg is ons bondel vreugde hier. Etienne. Ons lewens was nooit, en sal nooit, weer dieselfde nie. Daarom daar daar seker 'n hele blad aan hom af gestaan word. Dit is 'n manier om waarde vir jou geld uit 'n digitale kamera te kry.

Die drie van ons lewe te lekker. Etienne se kleuterskool is 400 meter van die huis af, oppad werk toe. Dan bly ons nog stap afstand (4 km) van die werk af.

Na 3 jaar in New-Zealand doen ons aansoek vir New-Zealandse burgerskap. Augustus 2006 word dit goed gekeur. Ons wag nou net vir die inhuldigings funksie, dan is ons volwaardige NZ burgers.